Michelle Bachelet

Michelle Bachelet
Michelle Bachelet
Michelle Bachelet in 2014

President van Chili
Ampstermyn
11 Maart 2014 – 11 Maart 2018
Voorafgegaan deur Sebastián Piñera
Opgevolg deur Sebastián Piñera
Ampstermyn
11 Maart 2006 – 11 Maart 2010
Voorafgegaan deur Ricardo Lagos
Opgevolg deur Sebastián Piñera

Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 September 2018
Voorafgegaan deur Zeid Raad Al Hussein

Leier van die Nuwe Meerderheid
Ampsbekleër
Termynaanvang
30 April 2013
Voorafgegaan deur Amp geskep

Uitvoerende direkteur van die VN se vroue
Ampstermyn
14 September 2010 – 15 Maart 2013
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Lakshmi Puri (waarnemend)

President pro tempore van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies
Ampstermyn
23 Mei 2008 – 10 Augustus 2009
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Rafael Correa

Minister van Nasionale Verdediging
Ampstermyn
7 Januarie 2002 – 1 Oktober 2004
President Ricardo Lagos
Voorafgegaan deur Mario Fernández
Opgevolg deur Jaime Ravinet

Minister van Gesondheid
Ampstermyn
11 Maart 2000 – 7 Januarie 2002
President Ricardo Lagos
Voorafgegaan deur Álex Figueroa
Opgevolg deur Osvaldo Artaza

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 September 1951 (1951-09-21)
Santiago de Chile, Chili
Politieke party Sosialistiese Party
Concertación (1988–2013)
Nuwe Meerderheid (2013–hede)
Eggenoot/-note Jorge Leopoldo Dávalos Cartes (1979–1984; geskei)
Kind(ers) 3
Alma mater Universiteit van Chili
Religie Geen (Agnostisisme)
Handtekening

Verónica Michelle Bachelet Jeria (Spaans: [βeˈɾonika miˈʃɛl baʃˈle ˈçeɾja]; gebore op 29 September 1951 in Santiago de Chile, Chili) is 'n Chileense sosialistiese politikus en die eerste vrou wat verkies is as die president van haar land. Sy het die presidentskap in 'n opvolgverkiesing gewen, en het teen die Chileense besigheidsman Sebastián Piñera meegeding as presidensiële kandidaat, sy het 'n voorlopige 53,5% van die stemme bekom. Haar eerste presidentskap is ingehuldig op 11 Maart 2006 en haar tweede op 11 Maart 2014. Bachelet het ook gedien as Minister van Gesondheid en Minister van Verdediging in die kabinet van haar voorganger, Ricardo Lagos. Op 10 Augustus 2018 is Bachelet benoem as die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte en het die ampstermyn op 1 September 2018 begin.

Michelle Bachelet as Chileense minister van nasionale verdediging tydens 'n besoek in die VSA in 2002

Bachelet is die moeder van drie kinders, sy en haar man is geskei. Sy praat naas haar moedertaal Spaans nog Engels, Duits, Portugees, Frans en 'n bietjie Russies.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search